Friday, May 20, 2011

Site Specific in Plettenberg Bay next week!

Pop in next week at Plettenberg Bay for Site Specific - SA’s first International Land Art event.



Download the brochure here: www.ecojunki.co.za/2NewSiteSpecificBrochure.pdf
Also read more about the project, as well as updates on the Site Specific website: sitespecific.org.za


Land Art by Strijdom van der Merwe

Just in case you missed the previous post we had about Site Specific, here is the line-up from their website:

Plettenberg Bay: 22-29 May 2011

22-27 May:
Artists create work along the Milkwood trail, Kranshoek and along the N2 at KwaNokuthula and New Horizons.


Saturday 28 May:


09-17:00
The art route is open to all, it includes a lovely walk along the Milkwood trail and the beaches. Guides are available at Central beach.


11:00
The Mayor of Plettenberg bay launches the event at the Timber Shed accompanied by DJ Jazztrain Live, Nthombo Theatre and The Unlimited Band.


12-16:00
Township art tours to sites in Kranshoek, KwaNokuthula and New Horizons.


15:00
Simon Bannister’s sculpture for the Eden to Addo Corridor Initiative is unveiled on a beautiful ridge overlooking the ocean at the Griqua village of Kranshoek.


Sunday 29 May:
The art route can be viewed all day.


And here's an Afrikaans article published in Die Burger, written by Laetitia Pople


Tuesday 03:Editor's Choice: Die Burger: Plettenbergbaai gaan as inspirasie vir landkuns dien
2011-05-03

Deur Laetitia Pople
Kaapstad - Van die wêreld se voorste landkunstenaars en verskeie plaaslike kunstenaars gaan van 22 tot 29 Mei deelneem aan Site_Specific, ’n ­internasionale landkunsgebeurtenis by ­Plettenbergbaai.

Site_ Specific mik om kuns, kultuur, geskiedenis en die omgewing saam te bring en so te wys hoe landkuns mense se indrukke van hul ­natuurlike omgewing kan verander.

Volgens Strijdom Van der Merwe, Suid-Afrika se voorste landkunstenaar en deelnemer aan Site_Spesific, gaan die meeste werke van ­Plettenbergbaai se hoofstrand tot die Milk­wood-staproete in die Piesangrivier-vallei te sien wees. Daar gaan ook werke in die dorp wees.

Onder die deelnemers is die Italianers ­Gabriele Meneguzzi en Vincenzo Sponga en van Suid-Afrika neem Anni Snyman (die stigter van Site_Specific), Angus Taylor, Hannelie Coetzee, Jan van der Merwe, Andrew van der Merwe, Gordon Froud en Simon Max Bannister deel.

Bannister werk tans met Griekwa-klip­messelaars van Kranshoek aan ’n reuse-olifantbeeld wat deel vorm van ’n reeks beeldhou­werke vir die Eden-na-Addo-bewarings­korridor. Van der Merwe gaan saam met die Switserse land­kunstenaar Urs Twellmann werk.

Twellmann, wat al voorheen in Suid-Afrika aan landkuns-gebeure deelgeneem het, skep sy werke en installasies soos Van der Merwe op die plek en gebruik natuurlike materiale van die omgewing.

“Ons almal arriveer op 22 Mei, dan gaan ek die omgewing verken en kyk watter materiale ek kan vind vir my werk. Ek sal ook die inter­nasionale kunstenaars bystaan, almal van ons is ook betrokke by die slypskole,” het Van der Merwe gesê.

Begeleide toere na plaaslike landkuns en ­kulturele optredes in Kwa-Nokuthula, ­Kranshoek en New Horizon vorm deel van die program.

’n Groot openingsgeleentheid word vir 28 Mei om 11:00 beplan in die Timbershed, een van ­Plettenbergbaai se geskiedkundige bakens as ’n eertydse walvisstasie.

No comments:

Post a Comment